Oprah Winfrey | |
Winfrey op haar 50ste verjaarsdag.
| |
Geboortenaam | Oprah Gail Winfrey |
---|---|
Geboorte | 29 Januarie 1954 Kosciusko, Mississippi |
Nasionaliteit | VSA |
Beroep(e) | Kletskoningin, aktrise, vervaardiger |
Aktiewe jare | 1983 – nou |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Oprah Gail Winfrey (gebore 29 Januarie 1954) is 'n Amerikaanse kletskoningin, besigheidsvrou en aktrise. Sy is veral bekend vir haar TV-program, The Oprah Winfrey Show wat tussen 8 September 1986 en 25 Mei 2011 in die Verenigde State uitgesaai is.[1]
Winfrey het 'n skool, die "Oprah Winfrey Leadership Academy for Girls", te Henley-on-Klip in Gauteng, Suid-Afrika geopen.
Sy het op 24 Junie 2011 'n eredoktoraat in onderwys van die Universiteit van die Vrystaat ontvang.